Deo VaventeGod se Wil sal heers!

                           God's Will Shall Reign!


GESAMENTLIKE DANKDIENS 2014

Sondag, 21 September 2014, was 'n besondere dag vir Standerton met 'n gesamentlike dankdiens op die Skougronde as afsluiting van ons Dorp se jaarlikse Landbouskou.

Verskeie Skoolkore het deelgeneem aan die Lof- en Aanbidding.  Baniere met elke dorps-gemeente se naam is voor die Kruis op die verhoog geplaas terwyl al die betrokke Leraars in gebed aan die Here gewy is.  Daar is spesifiek gebid vir elke Gemeente in ons dorp. Daarby is die Here gedank vir die afgelope oes-seisoen; terwyl die komende planttyd ook aan Vader toevertrou is. Boerderye, sowel as sakeondernemings is aan die Here opgedra.

Die oud-Springbok, Rudie (Vleis) Visagie het 'n dramatiese getuienis gedeel, terwyl die Oom van die Springbok Pierre Spies, Dawie Spies, die Woord uit Rigters 6 bedien het.

Meer as 2000 mense het hierdie besondere "Standerton 4 Jesus" geleentheid bygewoon.  As gemeenskap staan ons verenig wanneer ons hierdie dorp se leuse proklameer: "Deo Vavente" - God se wil sal heers!